Dispatches from the (home) front #11

Submitted by Cecil Hill on Fri, 2017/06/30 - 17:03

Oos Wes, Tuis Bes

Woensdag 28 Junie was die 100ste dag van die Aforika Toer.
Ek het dit by die huis (Ja! innie Kaap!) met Celesta gevier!

"Ai, foei tog, het jy soveel verlang?" vra iemand.

Hmm, ja en nee - dis eintlik baie gekompliseerd. Ek het Dinsdag my aansoek om 'n toeristevisum by die Angolese ambassade in Pretoria ingedien. Hulle aanvaar slegs op Maandae en Dinsdae aansoeke, en die uitslae (paspoorte met of sonder visums) kan slegs op Donderdae en Vrydae afgehaal word. Die indien en afhaal geskied egter nie in dieselfde week nie. Ek is derhalwe Dinsdag ingelig dat ek op Vrydag 7 Julie moet terugkeer om te verneem of my aansoek suksesvol was, aldan nie. Ek kon dus die volgende 10 dae óf in Johannesburg óf in Kaapstad deurbring. Ek het, tot almal se verbasing, op die eerste beskikbare vlug Kaapstad toe gevlieg. Die plan is om eerskomende Donderdag na Gauteng terug te keer.

Intussen ontvang Mwendo behandeling teen skok. Nee, dis nie skok omdat ek in die Kaap is nie; haar voorste skokbreker het kennis gegee dat dit een of ander kilometer gaan staak en word nou versien en/of herstel, soos van toepassing.

Ek het 'n uiters aangename week-en-'n-half met my sussie en twee kleinneefs, veral die jongste een, sedert my aankoms in Johannesburg deurgebring. Ons twee het saam die Wieg van  die Mensdom (Cradle of Humankind) Wêrelderfenisgebied besoek. Die uitstallings by die Maropeng-sentrum, gevolg deur 'n begeleide toer van die Sterkfonteingrotte, kan eenvoudig nie té sterk aanbeveel word nie.

 

Maropeng Visitors Centre
Dillon at the Sterkfontein Caves Entrance
Elephants Head in Sterkfontein Cave
Dolorite, mined by the Italian POWs
Cricket Bat?
Caught in the headlights
Sterkfontein Caves Exit

 

Hierna is ons digby die Voortrekker Monument en Fort Klapperkop na Vryheidspark (Freedom Park) en die Uniegeboue in Pretoria, tussen besoeke aan verskeie ambassades om inligting rakende visum-aansoeke te bekom. 'n Besoek aan Vryheidspark moet, na my mening, voorgeskryf word aan elke Suid Afrikaner! 

 

Voortrekker Monument
Freedom Park Entrance
Freedom Park "Reeds"
Freedom Park Lekhotla and Isivivane
Freedom Park Isivivane
Freedom Park Lekhotla
Freedom Park OR Tambo
Freedom Park Cultural Diversity
Union Buildings West Wing
Union Buildings Eastwards
Union Buildings Nelson Mandela
Union Buildings Nelson Mandela's View

 

Na Mwendo se 130 000km onderhoudsdiens, waartydens bogenoemde skoknuus ontdek is, is ek verlede Saterdag na nog 'n Wêrelderfenisgebied, dié keer die Vredefort Koepel in die Vrystaat, gevolg deur 'n besoek aan Vrystaat se wêreldbekende Parys, aan die anderkant van die Vaalrivier. Ek het terselfdertyd dié rit benut om te bevestig dat my besluit om etlike stukke bagasie in Johannesburg agter te laat wanneer ek die toer hervat, die wenslike positiewe effek sou hê. (Meer hieroor in 'n toekomstige verslag.)

 

Vredefort Dome Info Centre
Vredefort Dome Model
Vredefort Dome Vaal River
Parys Vrystaat

 

Die roete tot op hede: 

Dag 89 - 93: Wieg van die Mensdom, Vryheidspark, in en om Johannesburg en Pretoria (454km)
Dag 94: Mwendo se 130 000km onderhoudsdiens in Centurion (83km)
Dag 96: Vredefort Koepel, Johannesburg (295km)
Dag 97 - 98: In en om Johannessburg
Dag 99: Angolese Ambassade (Pretoria), Kaapstad

  • - Vredefort Dome : -26.9973394 27.5010967
  • - Parys : -26.9110891 27.4908738
  • - Centurion : -25.864029 28.0888578